Karl en Elsa het die plaas Goedereede (geregistreer as De Goree) in Desember 1994 gekoop.

Nadat Karl baie jare in Suid-Afrika en oorsee vir die chemiese afdeling van Sasol gewerk het, het hy en sy gesin besluit dat dit tyd was om te besin oor hul lewenskwaliteit en ’n nuwe uitdaging te aanvaar. Elsa het weer begin onderwys gee aan die Hoërskool Robertson tot 2004 terwyl ons drie seuns, Stephan, Karl en Gerhard, almal na matriek op Stellenbosch gaan studeer het.

Ons is almal natuurliefhebbers, buitelugmense, kranige fotograwe en met ’n passie vir sport. Om te gaan boer het die ideale geleentheid geskep om al hierdie belangstellings met mekaar te versoen.

Sedert 1994 was daar drastiese veranderings op die plaas. Ons het ons bed & ontbyt-onderneming in 1996 begin en vandag het ons vier private huisies wat veertien mense kan akkommodeer. Die boerderybedrywighede is beduidend gedeversifeer en tans word daar byna ’n duisend ton verskillende groente en vrugte per jaar geproduseer. Daar werk en woon tien gesinne op die plaas.

Ons is baie gevoelig vir die omgewing en speel ’n aktiewe rol in die Rooiberg-Wynkelder se biodiversiteitsveldtog en in die Rooiberg-Bewarea. Goedereede is ge-akkreditter deur Eurepg.

Karl dien verder in die direksies van Rooiberg-Kelder en die Breërivier-Botteleringsko-operasie en is aktief betrokke in die georganiseerde landbou. Elsa speel ’n leidende rol in plaaslike toerisme is is ’n ywerige kwilter. Met sy klassieke 1959 Peugeot 203 (soortgelyk aan sy eerste studentemotor) en ‘n byderwetse Peugeot 207GT is Karl ook ’n entoesiastiese lid van die Kaapse Peugeot-klub.

Ons is passievol oor ons gasteplaas en sal al die moontlike doen om ons gaste welkom te laat voel en te bederf! Almal kry ’n persoonlike begeleide toer van die plaas en alle bedrywighede word verduidelik – met interessante plaaslike anekdotes...

As julle die tyd het sal Karl julle ook vertel van die familiegeskiedenis wat daartoe gelei het dat Johannes Pretorius in 1666 Holland vir die Kaap verlaat het. Alles aangevuur deur ’n merkwaardige voorval wat in baie opsigte die geskiedenis van ons land beïnvloed het.

Ons leuse is om ons gaste te plesier, en om ’n bestemming te bied met egte waarde vir geld. Ons nooi u uit om Goedereede te besoek in die vertroue dat julle weer en weer sal terugkom!

View this site in ENGLISH



Tariewe
Aanwysingskaart
Plaaslike Aktiwiteite
Galery
Navrae