![]() |
![]() |
||||
![]() |
|||||
Visvang op die plaas en in die Breederivier is puik. Jy kan jou daarop voorberei om karp, witvis, baars en barbers te vang – en weer terug te gooi! Die rekord vir die vang van karp in die plaasdam deur een persoon oor twee dae staan tans op 121! Wie soek ’n uitdaging? Swem is ’n moet in die somer, of in die sprankelende groot swembad op die plaas, of in die Breederivier - vir die meer avontuurlustiges. Die rivier is diep, maar veilig – helaas is daar geen krokodille meer nie. Voëlkyk is van die beste in die Wes-Kaap. Danksy die ryke verskeidenheid habitats is meer as 150 spesies reeds op Goedereede en die omliggende plase aangeteken. Uile woon permanent in die plaasskuur en daar is ’n goeiende reiernes langs die plaasdam. Kanovaart op die Breederivier verskaf goeie oefening en is ’n besonderse manier om ons vallei te verken. Sewe mense kan in die drie dubbelkano’s en een kajak gaan vaar teen geen ekstra koste vir betalende gaste nie. Dagbesoekers kan die kano’s bespreek vir R50 per persoon. Staproetes langs en tot aan die kruin van die Zandberg is maklik en bied pragtige uitsigte oor die Breederiviervallei en die Langeberge. Vetplantentliefhebbers vind die verkenning van die gebied ’n besonder lonenende ervaring. Dit is ’n onvergeetlike ervaring om deur die wingerde en boorde op die plaas na die river en terug te loop. Fietry op die plaas (pasop vir dorings!) en die omliggende gebiede is ’n ware genot. Bring julle eie fietse. Perdry, met ’n ervare gidsruiter, kan op ’n naburige plaas gereël word en kan selfs lei tot ’n swemrit op ’n perd se rug! ...en mense wat net wil ontspan en die tyd rustig verwyl met met vriende en familie is net so welkom op die plaas. Ons waarborg dat julle siele verkwik sal word!
|
View this site in ENGLISH |
||||
![]() |
|||||