![]() |
![]() |
||||
![]() |
|||||
Goedereede - Gastehuis is geleë in ‘n natuurskone gebied, 8km aan die Kaapse kant van Robertson, langs die stadig vloeiende Breërivier met vergesigte van berge en fynbosbedekte koppe. Dit is ’n werkende vrugteplaas, waar wit en rooi wyndruiwe, sitrusvrugte, aarbeie, youngbessies, spanspek en ander seisoengewasse geproduseer word en waar gaste saam kan oes en van die vrugte geniet. Die heerlike plaasontbyt met vars tuisgebakte brood, en konfyt en marmelade van die plaas se eie vrugte, is ’n belewenis.
|
View this site in ENGLISH |
||||
![]() |
|||||