Die omgewing bied genoeg om na te kyk, te proe en te eet, of sommer net te geniet. Daar is vyf en twintig wynkelders in die omgewing, ’n kaasfabriek by Bonnievale en verskeie plaasstalle waar tuisgemaakte produkte uit die omgewing te koop is. Die Vrolijkheid - Natuurreservaat is geleë naby die romantiese dorpie McGregor met sy eie pottebakker, kunstenaars, eetplekkies, kelder en donkie-toevlugsoord, Eseltjiesrus! Robertson het ’n gholfbaan en ander sportgeriewe, Montagu het sy warmwaterbron en dan is daar nog die Burger-trekkerrit tot bo op die Langeberge.

Goedereede en omgewing bied genoegsame geleenthede vir voëlkykers - meer as 145 spesies is al aangeteken - en stappers kan die rivierwal verken of langs die Zandberg-wandelpad vetplante gaan kyk.

- Meer as 25 Wynkelders
- Gholfbaan
- Sportgeriewe
- Perdry
- Vrolijkheid - Natuurreservaat
- Montagu - Warmwaterbron
- Kaasfabriek op Bonnievale
- Fietsry
- Zandberg - Wandelpad
- Burger - Trekkerrit
- Riviervaarte
- Waterski

View this site in ENGLISH



Tariewe
Aanwysingskaart
Plaaslike Aktiwiteite
Galery
Navrae